ARCHIVE | NEWSROOM
 
MIDCITY VIER HULLE 25STE VERJAARSDAG - BEELD - 15 OKTOBER 2008
 
9/14/2009
 

Tydens ‘n deftige en feestelike funksie het MidCity hulle 25ste jaar in die bedryf by die Bon Dev House in Centurion, gevier. Meer as 350 gaste het die funksie bygewoon. Mnr. Dawie De Villiers, hoof-uitvoerende beampte, het in sy toespraak sy dank aan die personeellede (waarvan baie reeds tien jaar en langer by die maatskappy in diens is) betuig vir hulle ondersteuning en dat hulle altyd die doelwitte en visie van MidCity voor oё hou. “Dit is te danke aan hierdie ondersteuning en toewyding dat ons, ons doelwitte kon bereik,” het hy gese.

‘n Erkenningstrofee is aan Mnr. De Villiers oorhandig as een van die stigterslede van MidCity 25 jaar gelede. Mnr. Des Reed, hoofoperasionele beampte, het die trofee aan Mnr. De Villiers oorhandig.

Alhoewel die geskiedenis die grondslag van die maatskappy gevorm het, sal die pad vorentoe bepaal of ons voordurende doelwitte en visies bereik sal kan word in die volgende 25 jaar.

Met inagneming hiervan het ons ‘n tegnologie-inisiatief ontwikkel genome MidCyberCity-‘n kommunikasiesentrum wat ons in staat stel om effektief met ons kliёnte te kommunikeer deur SMS en/of e-pos. Met hierdie nuwe sisteem, kan ons huidige MidCity kliёnte, wie se e-pos adresse alreeds geregistreer is, hul state elektronies gratis ontvang. ‘n Webskakel is ontwikkel vir elke aparte regsingestelde eiendom asook vir elke elektrisiteits rekeninghouer. Sodoende kan ‘n kliёnt toegang hê tot inligting oor sy persoonlike rekening.

Ons het selfs verder gegaan en ‘n virtuele kalender ontwikkel. Met hierdie nuwe werktuig kan ‘n vergadering gereel word en binne minute ‘n kennisgewing na ons kliёnte se skakels gepos word. Hulle besoek dan die webwerf en laai die notule af nadat dit gefinaliseer is.

Een van die opwindende verwikkelinge is die herplasing van MidCity se Barclay Square-tak, wat in Oktober plaasvind. Die behoefte het ontstaan weens die groei van die Barclay Square-tak wat ook Khwela Power, n herverkoper van elektrisiteit en water namens die Tshwane Metroraad, en ‘n meterleesdiens vir grondeienaars, huisves. Die nuwe adres is MidCity Square, hoek van Jorissenstraat en Johnstonstraat, Sunnyside.

Die swart bemagtigde arm van MidCity naamlik Khwela City, het ook baie opwindende verwikkelinge vir die volgende paar maande in die vooruitsig. Ons nuusbrief sal kliёnte op hoogte hiervan hou.

 


Related documents -  None