ARCHIVE | NEWSROOM
 
KOM KLIM OP
 
9/14/2009
 

BEELD – 29 JULIE 2005

Die eerste groot kontrak wat deur Khwela City gesluit is was die ontwikkeling van die nuwe hoofkantoor vir die Beskermings en Beveiligingsdienste van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Khwela City Property Services is ‘n nuwe bemagtigingsmaatskappy in die MidCity Groep van maatskappy. Die maatskappy is verantwoordelik vir al die MidCity Groep se eiendomsontwikkelings en het ‘n 53% swartbemagtigingsaandeelhouding.

Khwela City het ontstaan deur die inisiatief en innoverende leiding van Mnre Dawie de Villiers, Dominic Sewela en Davey Maboja om ‘n egte swart bemagtigingsmaatskappy in die nuwe Suid-Afrikaanse sake-milieu tot stand te bring.

Die naam is ontleen aan die Zoeloe woord khwela wat beten ‘klim op en ry saam’. Dit was die gepaste naam om te kies vir die nuutgestigte maatskappy om die nuwe Suid-Afrika mee te ontgin.

De Villiers, wat die Uitvoerende Hoof van die MidCity Groep is, is die Voorsitter van Khwela City. Sewela is Ondervoorsitter en ook Adjunk Besturende Direkteur van Afgri Bpk, asook ‘n nie-uitvoerende Direkteur van die MidCity Groep.

Hy is een van die stigterslede van Excel Petroleum in Suid-Afrika en was drie jaar lank hul eerste Bestuurende Direkteur.

Khwela Investments is ‘n 100% swart bemagtigings maatskappy wat ‘n 53% aandeelhouding in Khwela City Property Services het.

Khwela Investments het ook ‘n 20% belang in MidCity Holdings, die beheermaatskappy van die MidCity Groep.


Related documents -  None