ARCHIVE | NEWSROOM
 
NUWE BEMAGTIGINGSAAK OP DREEF - RAPPORT - 21 AUGUSTUS 2005
 
9/14/2009
 

Rapport 21 Augustus 2005

Khwela City Property Services (Pty) Ltd is ‘n nuwe swartbemagtigingsmaatskappy in die MidCity Groep, een van die bekendste eiendomsgroepe in Pretoria.

Die maatskappy is verantwoordelik vir al MidCity se eiendomsontwikkeling-bedrywighede met ‘n belang van 53% in die besit van swart aandeelhouers.

Mnr Dawie de Villiers, Uitvoerende Hoof van MidCity en ‘n bekende persoon in Pretoria se eiendomskringe, is Voorsitter van die nuwe maatskappy.

Die Ondervoorsitter is Mnr Dominic Sewela, Adjunk Bestuurende Direkteur van Afgri Bpk en ‘n nie uitvoerende Direkteur van MidCity. Hy is ook een van die stigterslede van Excel Petroleum in Suid Afrika en was die eerste drie jaar die maatskappy se Besturende Direkteur.

Die bemagtigingsaandeelhouers is Khwela Investments wat ook ‘n belang van 20% besit in MidCity Holdings, die beheermaatskappy van die MidCity Groep.

Die nuwe bemagtigingsaandeelhouers se eerste groot projek is die ontwikkeling van die nuwe hoofkantoor vir die beskermingsdienste van die polisie in Pretoria.


Related documents -  None